Thursday 6 October 2011

Die ware wingerdstok

Met die groot vooreg om in die boland te bly, omring deur pragtige wingerde beleef 'n mens iets van God se koninkryk reeds hier op aarde.  Ons weet dit is wel net 'n voorsmaakie van dit wat reeds vir ons wag.  Ek het so 2 maande terug deur die wingerde gestap en gesien hoe die werkers die bas van die wingerdstok aftrek, net 'n strook in die middel.  Die rede daarvoor het ek uitgevind is om die wingerd wakker te maak uit sy slaap.  Wat ook gebeur is dat die wingerd op daardie oomblik skielik hope energie (energy boost) na sy lote stuur, sodat dit vinniger kan begin bot en dan natuurlik vrug te kan dra.  So kry ons onsself en ander partykeer in so 'n slaapende toestand waar ons sluimer.  Gelukkig weet ons dat ons Vader alles in stand hou en daar tye is waar Hy ons kom wakker maak deur heilige oomblikke vir ons te gee waar ons Hom ontmoet gesig tot gesig en so kom maak die Gees van God iets in ons los waar ons vol energie is wat lei tot die dra van vrug.

Joh.15:1-2: "Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af, maar elkeen wat vrugte dra, snoei hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra". 5: "Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in my bly en ek in hom, dra baie vrugte, want sonder my kan julle niks doen nie". 8: "My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is."

No comments:

Post a Comment