Thursday 28 July 2011

Yskas gewoontes

Ons het onlang klaar gemaak met verf in ons kombuis en so het ons yskas nie op sy normale plek gestaan nie. Met die gevolg toe wanneer dit weer op sy oorsproklike plek staan ek myself die heeltyd uitvang om na die verkeerde plek te stap waar die yskas nie meer is nie.  Ek besef hiermee dat dit nogals moeilik is om van ou slegte gewoontes ontslae te raak.  Die Woord van God leer ons in Rom.12:2 om ons denke te vernuwe, maar ek besef dat dit nogals moeilik kan wees, veral as slegte gewoontes so oor 'n mens se lewe heers. Ek besef dat al hoe 'n mens dit kan verander is om in "training" te gaan. Ons is immers elke dag dissipels van die lewe wat in "training" is en groot lewens lesse leer.  Niemand van ons is perfek nie, maar ons word wel deur God se oë as heiliges gesien. Mag ons daaraan vas hou en daagliks ons oë gevestig op Jesus hou.  Voor ons onself kan kry is ons ou gewoontes verby en doen ons doen dit wat reg is voor God.  Ek sukkel na 'n week om nogsteeds partykeer na die regte plek te loop opsoek na die yskas, maar ek kan beleef hoe dit al hoe makliker raak.

Met watter gewoontes wil God hê moet jy vandag mee breek? Vuil taal, pornografie, vinnig ry, skinder, negatiwiteit ?  Onthou dat ons onself nie kan verander nie, maar net God kan. Dit kos durf en inoefening. It's our responsibility to choose to change but it's God's responsibility to change us. Kom ons kies die Lewe vandag...

No comments:

Post a Comment