Wednesday 6 July 2011

Stokkie lekker wat beweeg oor grense...

Vandag is ons laaste dag van die Holiday club en my gedagtes gaan vanoggend so 2jaar terug na Msinga, een van ons land se armste areas. Dis 'n koue oggend waar ek myself bevind in 'n baie klein hut. Ek sit hurkend gekniel by 'n zoeloe oumatjie wat meer been as vlees is. Langs haar is 'n vuurtjie sommer op die grond gemaak terwyl sy skuil in die hoekie, dit is nie meer te lank voor die aarde haar weer kom terug verwelkom. Ek dink terug van hoe ek by haar sit en hoe ek nie eers met haar kan kommunikeer nie wat nog te sê oor die evangelie verkondig. Met die hulp van 'n tolk laat haar kinders my verstaan dat sy wel 'n gelowige is.  Ek gee haar 'n stokkie lekker, maar sy is te swak ek kan nie eers haar arms optel om dit te neem nie. Ek besluit toe om die lekker vir haar oop te maak en in haar mond te plaas. Ek hoor toe die mooiste geluid wat ek nog ooit gehoor het, die geluid van mmmmm..... Op daardie oomblik kan geen grens kwessie van taal of kultuur ons keer nie en oorwin die liefde by vêr! Vandag as ek terug dink, weet, glo en vertrou ek dat God in beheer is.  Ek weet dat toe die suigstokkie in kontak kom met ouma se mond daar 'n ontploffing van smaak plaas gevind het.  Mag daar net so 'n ontploffing in ons harte plaasvind wanneer ons Jesus ontmoet en ander bedien met self iets so eenvoudig soos die gee van liefde deur 'n stokkie lekker.

No comments:

Post a Comment