Wednesday 29 June 2011

Afgedopte verf...

Daar word tans aan ons ou plaas huisie gewerk, dit alles vir die reg maak van ons 1ste-ling wat oppad is.  Alles is maar beroerd veral met die verf van al die kamers.  Ons het ontdek dat die vorige huurders nie primer ('n verf onderlaag) op die mure gesit het voordat hulle geverf het nie, met die gevolg dat al die huidige verf op die mure afdop.  Dus moes ons nou al die mure van ou verf afskraap en dan onderlaag opsit en dan 3 lae verf.  Dit is nogals 'n groot werk en om te dink dat al die moeite gespaar sou kon wees indien 'n mens reg gewerk of geleer is van die begin af.  Dit laat my dink aan ons as mens... hoeveel van ons dop af asgevol van 'n onvoorbereide lewe.  Of hoeveel van ons dra nou maar ons maskers om iets te wees, om voor te gee dit wat ons nie bedoel was om te wees nie? Op hoeveel verkeerde maniere word ons van kunsbeen af aan geleer oor ons God's beeld, oor verskillende mense van verskillende agtergronde en kutuur? Ek vang myself kort kort uit en vra myself waarmee is ek besig? Mag God ons denke en persepsies kom verander oor die lewe, oor mense en oor God. Kom ons vra die God's vraag?  TREE GOD OP IN DIT WAT EK DOEN???
Foto geneem gister by ons Holiday Club

No comments:

Post a Comment