Monday 13 June 2011

My Sprokies kind: 'n lied van my as amper pa wees aan my sprokies kind...

My sprokies kind
Die God's besluit waarin ek vind
Dat jy hier by my is
My nuwe lewe gee

Dan voel ek 'n traan
Hier in my oë kom staan
Hoe rustig klop my hart
In verlange na jou

O koele water van die spruit
Waarin ek na jou oë staan en kyk
O koele water van die spruit
Ek luister na jou geluid

Wanneer jy nader kom
Jou skoonheid my verstom
Hoe kry jy dit reg
Ons harte gevleg

Speel ek met my boks guitar
Slaan ek met 'n plektrum snaar
Die son se glorie gesteel
Deur ons harte gedeel

No comments:

Post a Comment