Thursday 23 June 2011

My Nagmaalslied: Ps.51 (Rein)

Wees my genadig o God
In U troue liefde
Wis my oortredings uit
In U groot barmhartigheid

Wees my genadig o God

Was my skoon van my skuld
Skoon van my skuld
Reinig my van my sonde
Reinig my

Neem tog my sonde weg
Dat ek rein kan wees
Dat ek witter kan wees as sneeu
Witter kan wees as sneeu

Wees my genadig o God

Skep vir my 'n rein hart
O God vernuwe my
Gee my 'n vaste Gees
'n Vaste Gees

No comments:

Post a Comment